DIE OPREGTE HART

Kan jou kinders jou Godsvrees sien
Sodat hulle ook die Vader kan dien?
As daar ander is wat meer vrees as ek
Behoort dit kommer in my te wek

As ons die Here met 'n opregte hart vrees
Kan ons van Sy getrouheid seker wees
Sonde sal ons kan versaak
Geheel en al daarvan ontslae raak

Kom ons wyk af van die kwaad
Wat sleg is moet ons haat
Handel verkeerd en Hy word verag
Maak jou lewe reg - nie langer wag

Vol selfvertroue is die dwaas
Wat daardeur sy ondergang verhaas
God se wysheid is beter as goud
Soek dit, want dit is jou behoud.

........ EMS Venter


Beweeg die muis oor die Rollende Inligting, om die rol tydelik te staak.