‘N FEES TOT EER VAN DIE HERE

80-jarige feesviering van die EG Kerk SA

EDEN Konferensieterrein

19 tot 21 April 2024

Die dankseggingsfees ter viering van die EG Kerk SA se 80-ste bestaansjaar vind plaas oor die naweek van 19 – 21 April 2024 te Edenkonferensieterrein. Kom luister na ʼn historiese oorsig van die Kerk, asook na gepaste woordbediening deur voormalige moderators en ʼn oproep tot hernude toewyding. Kom geniet Saterdagmiddag tradisionele boeresport en wees Saterdagaand deel van ‘n heerlike sangfees tot eer van die Here wat gelei sal word deur ons huidige moderator, dr. André Bester.

As u nie fisies die naweek kan bywoon nie, kan u aanlyn deelneem deur die “Live Stream” te volg. Hierdie skakel neem u na die instruksies.

Let asb. op die volgende:

  • Daar is beperkte akkommodasie beskikbaar, maar daar is ook ruimte vir tente en woonwaens.
  • Besprekings is egter uiters noodsaaklik, ook vir die dagbesoekers wat natuurlik baie welkom is.
  • Bring u eie eetgerei.
  • Bring u gazebo’s en kampstoele (dagbesoekers).
  • Geen kostes nie – vrywillige dankoffers sal opgeneem word.

Verskaf asb. die volgende informasie per whatsapp-boodskap of e-pos aan die Edenkantoor (Erika Bronkhorst) voor of op 5 April 2024: 064 793 1462 of egkeden@gmail.com of registreer aanlyn deur te kliek op die skakel hier onder.

Die naweek se program

 

Vrydag, 19 Apr 24
Aankoms
17:30 Koffie & Warm Beskuit
18:30 Historiese oorsig – Dr. Callie Fourie (em.)
20:00 Boodskap – Ds. Danie van Rensburg (em.)
22:00 Ligte uit
Saterdag, 20 Apr 24
08:00 Koffie & Muffins
09:00 Tyd van gebed
10:00 “Brunch”
11:00 Boodskap – Ds. Hennie Prinsloo (em.)
Gesellig verkeer
13:00 Boeresport
17:00 Aandete
18:30 Sangdiens – Dr. André Bester
22:00 Ligte uit
Sondag, 21 Apr 24
08:00 Koffie & Warm Beskuit
09:00 Tyd van gebed
10:00 Erediens – Dr. André Bester
11:00 Hertoewyding – Ds. Gerrie van Dalen
12:00 Middagete
Oppak & Verdaag
HANDLEIDING VIR STROMING