Konferensies

Edenkonferensie

Die Terrein

Eden Konferensieterrein van die EG Kerk SA lê sowat 40 km. noord van Pretoria op die Molotopad (R573 Kwamhlanga) en bied akkommodasie vir konferensiegangers, silwerjeugkampe, jeugkampe en vele ander christelike kampeerders. Die kampterrein is toegerus met chalets, twee groot slaaplokale en verskeie rondawels wat slaapplek bied aan kampeerders. Oorgenoeg woonwastaanplekke is ook beskikbaar vir natuurliefhebbers om ‘n plekkie uit te skrop van eie keuse.

Die terrein is verder toegerus met ‘n groot eetsaal en onderdakgeriewe waar braaivleisvure aangesteek kan word om ‘n heerlike ete voor te berei.  Genoegsame ablusiegeriewe is versprei regoor die terrein.

Ligging

Byeenkomste

Gereelde konferensie-en-kampgangers maak gebruik van die heilige plek van aanbidding op die terrein waar die Woord bedien word en lofprysinge aan die Here toegesing word.

Paasnaweekkonferensie is die hoogtepunt op Eden se kalender waar tot 300 of meer siele geakkommodeer kan word. Ongelukkig het die Corona-19 Pandemie 2020 en 2021 se konferensies in die wiele gery en was daar groot opgewondenheid toe die byeenkomste hervat kon word in 2022.

Geskiedenis

Op 3 Desember 1983 is die kerksaal op Eden ingebruik geneem en by die geleentheid is ‘n gedenksteen deur wyle oom Tok van Rensburg onthul waarna sowat 300 mense die kerksaal binne gegaan het om na die wydingsrede van wyle ds. Attie Olwagen aan te hoor.

Almal wat die besonderse dag bygewoon het,  is na die verrigtinge met koffie, tee en beskuit bedien waarna braaivleisvure aagesteek is om heerlik te smul aan ‘n stukkie braaivleis en boerewors. Volgens argiefstukke was dit ‘n onvergeetlike gebeurtenis in die geskiedenis van die EG Kerk SA.

Onderhoud & Instandhouding

Die onderhoud en instandhouding van die Edenterrein verg egter baie harde werk en toewyding, maar ook die nodige fondse om dit te kan doen.  Indien enige iemand en/of organisasie gelei voel om ‘n skenking aan die Edenkommissie te maak, kan dit in die Kommissie se bankrening gedeponeer word.

Die bankbesonderhede is as volg:

EG Kerk Eden
Nedbank
Lopende Rekening
Rekeningnommer 1620238888
Takkode 162050

Kontakbesonderhede

Telefoniese Navrae

Mev. Erika Bronkhorst
064 793 1462 (EDEN Kantoor – Navrae & Besprekings)

Mnr. Hennie Bronkhorst
082 610 5931 (Faktotum) 

Fisiese Adres

Burkeasingel
Boekenhoutskloofdrif
Plot 54
Cullinan, 1000

Posadres

EG Kerk Eden
Posbus 507
Cullinan, 1000

E-Posadres

egkeden@gmail.com

Facebook-blad

https://www.facebook.com/edenkampterrein 

Lofdalkonferensie

Oorsig

Lofdal en die Lofdal kon­fe­rensies het van die vroeë vyf­tiger jare in die Kerk ‘n geweldige geestelike rol gespeel. Lofdal was die naam van die oorspronklike plaas waarvan ‘n deel aan die Kerk geskenk is deur oom Fred en tannie Mattie Hattingh en wat later verruil is vir die huidige terrein.

Die akkommodasie vir die eerste konferensies was klein ronde ten­tjies, ‘n groot tent vir dienste, tydelike ablusie- en kookgeriewe. Die kon­ferensies het tien dae lank geduur en was uiters geseënd. Talle son­daars het die Here Jesus op Lofdal leer ken as Saligmaker.

Kinders van God het Hom as Heiligmaker en goddelike Geneesheer ontmoet. Heelwat manne en vroue is op konferensies deur die Here tot voltydse diens geroep, waarvan talle, predikante in ons kerk en selfs in ander kerke geword het. Vir byna dertig jaar is gereelde konferensies in die winter gehou.

Twee en sestig rondawels, ‘n woon­huis vir die faktotum, ‘n saal, ablusieblokke sowel as ‘n kombuis is opgerig. In 1980 moes die terrein egter verkoop word aan die regering en vir die volgende twaalf jaar kon geen winterkonferensie gehou word nie.

Deur ‘n wonderwerk van God kon die plek uiteindelik weer teruggekoop word en is konferensies van vyf dae hervat. Baie verbeterings is en word nog steeds aangebring. Ons kan net sê dat die hand van die Here al die jare waarlik op Lofdal was en steeds is.

Die hoogtepunt gedurende die 2003 Lofdal-konferensie was toe die gebedskamer, wat ‘n jarelange behoefte was aan die Here toegewy kon word. Die Here het voorsien dat ‘n elektriese omheining om Lofdal opgerig kon word om die veiligheid van die terrein vir die Faktotum en kampeerders te verbeter.

Die afgelope jare het die behoefte ontstaan vir manne- en vrouekampe, huweliksverrykingsseminare en kampe vir die jeug wat gemik is op die uitbou van leierskap. Die “Nuwe Lofdal” probeer by uitstek aan dié behoeftes voldoen asook om ‘n rusplek te wees vir kinders van God.

Mag die konferensies hier steeds groei en talle sondaars die Here leer ken as Saligmaker en kinders van God Hom as Heiligmaker en god­delike Geneesheer leer ken. Mag talle jong­mense hier geroep word tot voltydse evangeliese bediening en kinders van God wederkomsgereed gemaak word totdat Hy weer sal kom! Maranata!

Ligging

Onderhoud & Instandhouding

Indien die Here dit op u hart lê om ʼn finansiële bydrae te maak, sal ons dit opreg waardeer. Onthou dat die Here nie net die duisende of tienduisende gebruik nie, maar ook die honderde, tiene en ene.

2 Kor. 9:7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ʼn blymoedige gewer lief.

Ons voorsien met vrymoedigheid Lofdal se bankbesonderhede:

Rekeningnaam: EG Kerk Lofdal
Bank: ABSA Tzaneen
Rekeningnommer: 1260 191 639

Kontakbesonderhede

Telefoniese Navrae

Mev. Elize Lyon
083 677 2867 (Besprekings)

Ds. Herbie Lyon
082 906 0288 (Faktotum) 

Fisiese Adres

Lofdal Konferensieterrein
Gedeelte van Nasionaal 29KT
Ofcolaco 11KV
0039/28/1

Posadres

Lofdal
Posbus 60
Ofcolaco, 0854

E-Posadres

herbielyon@telkomsa.net
elizelyon@gmail.com

Facebook-blad

https://www.facebook.com/egkerklofdal